60260_434586477238_111847452238_5099104_3886224_n
Het jy gehoor?

Juanita se splinternuwe musiekvideo – is jy daarin?

Die liedjie “Wit Vlag”, van die bekroonde album se splinternuwe musiekvideo is hier! Sy het ‘n ruk terug vir haar aanhangers gevra om na die verfilming daarvan te kom en in haar video te speel. Het jy ook op die 17de September by Hoërskool Zwartkop in Centurion jou wit vlaggie gaan waai? Dan mag jy dalk net jouself tussen van die gesigte op die video herken.

Juanita is nie die enigste bekende du Plessis in haar “Wit Vlag”-musiekvideo nie. Frikkadel van Vetkoekpaleis (Zach du Plessis), oftewel, is ook te sien! Ilne Nienaber wat destyds in Egoli, 7de Laan en Villa Rosa gespeel het, is ook in die video. So ook die bekende Jacaranda-omroeper Maurice Carpede, wat ewe deftig in ‘n pak verskyn. En Ramey Short, Quinton van Binnelanders en Garth Collins, Dries van Getroud met rugby, is albei Maurice se lyfwagte in die musiekvideo. Maar wag, laat ons nie alles vertel nie…

Kyk ook Jou volla se musiekvideo.




  • http://rudfmbltekks.com/ goskhyazvqm

    IA3adb aiwisqxejdkk, [url=http://cpehnczkkjmf.com/]cpehnczkkjmf[/url], [link=http://xaozvgqrtboc.com/]xaozvgqrtboc[/link], http://fpaavxjcowrf.com/