mg_8054_straight
Het jy gehoor?

Juanita du Plessis vs Lady Gaga

Die top-30 lys van verkopers is saamgestel uit die weeklikse top-20 wat op RSG uitgesaai word. Dié lys van RSG word op sy beurt saamgestel volgens die amptelike CD-verkope in winkels landwyd.

Ander SA sangers in die top-30 is:

The Parlotones met “Live Design” (nr. 3)
Romanz met “Ek sal getuig” (nr. 4) en hul album ’n Dekade van Afrikaanse treffers (nr. 5)
Steve Hofmeyr met “Duisend en een” (nr. 6)
Bobby van Jaarsveld met “Net vir jou” (nr. 16)
Locnville met “Sun in My Pocket” (nr. 19)

Juanita was ekstaties oor die nuus en het aan channel24 gesê: “Dis wat ek ’n wow-oomblik in my lewe noem! Ek is dankbaar teenoor al my aanhangers en my Skepper.”

Internasionale topverkopers op die lys is Eminem (nr. 13), Susan Boyle (nr. 18), Lady Gaga (nr. 25) en Enrique Iglesias (nr. 30).

  • ANITA BOTHA

    Wow, dit wil gedoen wees

  • Runell theart

    Dankie Juanita vir jou pragtige musiek. ek en my man is `n groot liefhebber van jou musiek. jy is ook `n pragtige mens.en jou geloof is so sterk dat dit uit jou straal.

  • Reinette

    Juanita, jy is my inspirasie. :Jou skaduwee het my gedra deur my man se dood. Dit het my laat opstaan en aangaan elke dag met al my trane van hartseer. Ek het dit op repeat in my kar gehad, en was al waarna ek geluister het. Dit het my gemoed gevul soos water in n baie baie lee emmer. Ek het daagliks meer en meer geloof gekry deur jou. En nou vandag met :Engel van my hart, het ek die mees wonderlikste man ontmoet, en ek huil weer elke keer as ek jou dvd kyk, maar dit is uit geluk wat trane loop. Dat ek kan dankie se aan Onse Skepper en aan jou Juanita dat ek weer my voete gevind het deur Jou Skaduwee en jy is My Engel van my hart. Sterkte met jou loopbaan jy is fantasties in wat jy doen en mens kan sien jy geniet dit.
    Reinette

  • bianca phillipson

    het Juanita n persoonlike email adres? ek wil graag vir haar n brief van my email.
    groete Bianca

  • Thea

    Hi my naam is thea jaunita wow kyk nee ek dink jys die engel van ons almal se harte ek wil net se juanita jy rock my world ekt laasjaar n baba verloor ek was verpleter hartseer my lewe wou nie aangaan nie maar jys die rede vir my inperasie om te lewe ek weet nie wat sou ons wereld gedoen het met so fantastiese vrou ma wat soos n engel vir ons is nie . Ek wil net baie baie dankie se dat jy my lewe om gedraai het met jou fantastiese musiek sonder jou ons ons wereld niks nie .Jys n vrou uit n miljoen en sterkte met jou loopbaan ons blou bulle is baie lief vir jou .