FOTO: Facebook  Franja du Plessis

FOTO: Facebook Franja du Plessis

Het jy gehoor?

Juanita en Franja du Plessis toer na Australië

Twee weke gelede het Juanita du Plessis, haar dogter, Franja, en ander plaaslike kunstenaars, soos Emo Adams en Snotkop, na Australië getoer. Nou is hulle moeg gereis en weer opgewonde om by die huis te wees!

Die sangers het Sondag in Perth opgetree en so hul Down Under-toer afgesluit. Juanita  het heelwat van dié ervaring op haar Facebook-blad gedeel.

FOTO: Facebook Juanita du Plessis

FOTO: Facebook Juanita du Plessis

“Dit was heerlik om al die oud SA vriende te kon ontmoet, almal se stories te kon hoor en deur ons musiek, die heimwee ’n bietjie ligter kon maak. Afrikaans is nog lewendig hier en so moet dit bly! Kom ons koester hierdie pragtige taal regoor die wêreld,” het Juanita geskryf.

Weens te min slaap en al die lang reis was daar nie baie tyd om toeris te speel nie. Tog beskryf Juanita die land as “pragtig”. Franja het bygevoeg dat dit mens nogal baie aan Suid-Afrika herinner en dat dit “amazing [is] om te sien dat oud Suid-Afrikaners nogsteeds Afrikaanse musiek so ondersteun!”

Alhoewel dit vir dié twee ’n groot voorreg was om oorsee te kon sing, is dit duidelik dat hulle huistoe verlang: “Nou wil ek huis toe gaan” en “Huis bly maar huis!” het dié ma en dogter onderskeidelik gesê.

 

UITEINDELIK!!!!!! Vlug vir 2 ure vertraag!! Vat my nou huistoe! #Gefrustreerd #Moeggewag

 

A photo posted by Juanita Du Plessis (@juanita_du_plessis) on

Lees ook