Het jy gehoor?

Juanita na Amerika vir nuwe TV-reeks

Juanita toer die volgende 5 weke deur Amerika vir ’n nuwe reeks wat sy vir kykNET maak. Country Hart gaan oor country-musiek, en waar kry jy ’n beter plek om dit te doen as in die land waar dié musiek ontstaan het?

Die reeks van 13 episodes ondersoek onder meer verskillende genres van country en die invloed van blues op country. Juanita gaan ook groot name in die country-bedryf opsoek, soos die kitaarspeler Brent Mason, die ateljee van die bekende sangeres Reba McEntire, en die vervaardiger Bill Deaton, wat saam met kunstenaars soos Shania Twain en Taylor Swift werk.

Die reeks volg Juanita wat self in Amerika inspirasie soek vir haar volgende album. Kyk dus uit vir dié reeks en moontlik ‘n nuwe CD van Juanita!

Volgens Juanita se twiets was die pakkery en om alles reg te kry vir die Amerikaanse winter een van die grootste uitdagings.

Juanita du Plessis

Juanita was in 2009 die aanbieder van kykNET Country. Hier is die program se temalied:

Bron –kykNET.