Het jy gehoor?

Juanita se Jou Volla-video

“Diegene onder ons wat weet hoe lekker lank die pad see toe kan wees in ‘n volkswagen kewer…” Só skop haar nuutste musiekvideo, Jou Volla, af: ‘n lekker luister- en verlang-liedjie na die ou dae toe die lewe nog als oor die liefde, die grootte van jou kattebak en die ‘oop pad’ na nuwe avonture gegaan het. En dít als in ‘n vrolik geverfde 1971 VW Beetle 1300cc!

Die musiekvideo is met ‘n Canon 5D MKII-kamera deur Blixem Productions geskiet.

Geniet dit en vertel ons van jou Volla-dae.

  • Verdette Bruwer

    Juanita dit was heerlik om te sien, ek woon in NZ op die oomblik en het di pad oor kimberley na die kaap soveel keer gery, bring goeie herrineringe terug! Dankie vir lekker liedjies

  • Annelize

    Baie lekker liedjie. Maak my sommer lus vir n dans!

  • linda van der merwe

    ja my volkswagen dae!! My eerste motortjie was so ‘n bruin kewertjie wat ek tweedehands vir R150.00 gekoop het. Ek het jare met hom gery en hom weer vir R150.00 verkoop. Dit was in Walvisbaai en omdat alles so roes daar het my toekomstige man my altyd gespot en gesê die ou vollatjie het ‘n gat deurgeroes waar die pedale was en ek het nie die petrolpedaal getrap nie maar sommer die kar met my bene deur die gat aan die gang gehou, maar ek was baie baie geheg aan daai vollatjie