juan
Het jy gehoor?

Juanita wys haar foto’s van Amerikaanse toer!

Juanita se toer van 5 weke neem haar deur die Suide van Amerika om meer oor country-musiek te leer – dit is immers die land waar dié genre begin is! Sy besoek groot name in die country-bedryf, soos die kitaarspeler Brent Mason, die ateljee van die bekende sangeres Reba McEntire, en die vervaardiger Bill Deaton, wat saam met kunstenaars soos Shania Twain en Taylor Swift werk.

Die reeks volg Juanita wat self in Amerika inspirasie soek vir haar volgende album.  

Sy het die volgende al uit Amerika getwiet:

Hallo vriende!!! Kom loer gou vinnig in om te laat weet dat dit goed gaan aan die kant! My skedule is baie rof en ons vat net hier en daar grond, maar dis heeeeeerlik!! Ek het so baie om met julle te deel!! Ek mis julle al klaar.. ‘But I’m having the time of my life!!’ x

Juanita is ook vir ‘n paar Ghoema-toekennings benoem: Beste Vroulike Kunstenaar, Beste Album van die Jaar, Beste liedjie van die Jaar, Beste Pop-album deur ‘n Vroulike Kunstenaar. Sy en Theuns Jordaan is ook saam benoem. Jy kan vir haar stem!

HOE STEM JY?

‘n Sms kos R 1.50 elk en daar is ‘n beperking van slegs 20 stemme per kategorie per unieke selnommer; SMS SLEGS die kode (bv. A6) na 41 808 en nie die kunstenaar se naam nie. Die wenners word Sondag 14 April 2013 by Carnival City se BIG TOP ARENA bekendgemaak.

Hier is foto’s van haar toer tot dusver, op kykNET se webtuiste:

Juanita du Plessis in Amerika


Juanita du Plessis in Amerika

Kyk na al die foto’s op kykNET se webblad

WEN dubbelkaartjies na vanjaar se Ghoema-toekennings