Jude Law
Het jy gehoor?

Jude Law se seun lyk nes hy

Die akteur se 18-jarige seun, Rafferty Law, laat die koppe behoorlik draai wanneer hy in die openbaar verskyn. Hy lyk op ’n haar na ’n jonger weergawe van sy pa, berig People.com

Rafferty wat onlangs sy debuut as model op die loopplank gemaak het vir DKNY, is ook ’n musikant. “Ek is in ’n groep met die naam The Dirty Harrys. Ek en my beste vriend, Marley, skryf die liedjies en ons tree in en om Londen op,” het hy aan Teen Vogue vertel. Hy het gesê hy hoop om in die toekoms meer liedjies op te neem en te kan toer.

Hy is ook vroeër vanjaar as een van GQ se 100 bes geklede mans in Brittanje aangewys.

 

Lees ook