the_gn_show_series_12_show_18_still_01
Het jy gehoor?

Judi Dench: Só het ek in my laaste Bond-fliek gespeel

“Ek het reeds ‘n rukkie voor die fliek geweet dat dit my karakter se laaste een sou wees,” vertel sy. “Ek’t vir Barbara Broccoli (medevervaardiger) en Daniel Craig gaan sien vir ‘n koffie, en hulle het nie doekies omgedraai nie.”

“Ek het met die verloop van die verfilming probeer voorgee dat ek oukei was. Mense sou vra hoe dit met die skietery gaan, dan sou ek sê, ‘oukei, dankie’. Dit was moeilik om die geheim te hou, maar absoluut die moeite werd,” vertel sy.

Hoe het hulle haar gegroet?

“Daar was ‘n groot koek, maar ek kan nie onthou wat daarop gestaan het nie!”

“Toe ek aanvanklik ja gesê het vir die rol van M (wat op ‘n manlike karakter gebaseer is), was ek bekommerd juis omdat dit vir ‘n man geskryf is. As ek presies geweet het wat ek in daardie stadium aanvang, sou ek dit waarskynlik nie gedoen het nie,” vertel sy.