Het jy gehoor?

Julia Roberts die nuwe gesig van Lancôme

“Haar ongelooflike persoonlikheid en merkwaardige loopbaan maak van Julia Roberts ‘n vrouesimbool van haar tyd,” het Youcef Nabi, president van Lancôme Internasionaal gesê. “Sy’s talentvol, toegewyd en stralend – en dít pas perfek by Lancôme se waardes. Sy’s die regte een vir ons handelsmerk.”

Volgens Expressindia.com is sy sowat £12,5m ryker ná die kontrak.

Ander bekendes wat al Lancôme verteenwoordig het, sluit in Kate Winslet, Anne Hathaway en Juliette Binoche. (Bron: www.people.com)