FOTO: Instagram (@riccardotisci17)

FOTO: Instagram (@riccardotisci17)

Het jy gehoor?

Julia Roberts en haar man skei glo ná 13 jaar

Die Oscar-bekroonde aktrise Julia Roberts en haar man, Danny Moder, is glo op pad na die skeihof as ons die oorsese pers moet glo.

’n Bron het aan OK! Magazine vertel dat Danny nie gelukkig is nie en voel die band tussen hom en Julia is nie meer sterk genoeg nie. “Hul verhouding het sterk begin, maar Julia sit nog altyd op Danny se kop. Sy kan dit nie hanteer as sy nie haar sin kry nie,” het die anonieme bron bygevoeg.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Julia is blykbaar ook baie emosioneel en haar buie is onvoorspelbaar en nou het Danny glo genoeg gehad.

Hulle het in 2001 op die stel van The Mexican ontmoet waarin Julia teenoor Brad Pitt die hoofrol vertolk het. Danny was een van die kameramanne op die stel van dié fliek. Hulle is in 2002 getroud en het drie kinders saam: die 10-jarige tweeling, Hazel Patricia en Phinnaeus Walter, en Henry (8).

Bronne: Hollywood Reporter en OK! Magazine

Lees ook