Het jy gehoor?

Julia Roberts in Eat, Pray, Love

Elizabeth Gilbert se memoires Eat, Pray, Love het soos ‘n veldbrand tussen ywerige lesers regoor die wêreld versprei en nou word dit ‘n fliek!

Met niemand anders as Julia Roberts in die hoofrol, teenoor Javier Bardem en James Franco. Brad Pitt en Dede Gardner is die vervaardigers, Ryan Murphy die regisseur.

Gilbert het alles gehad – ‘n goeie man, ‘n huis en ‘n vakansiehuis. Maar dit was te min, te laat. Sy’t besef wat sy eintlik uit die lewe wou hê. Ná ‘n egskeiding vertrek sy op ‘n reis na dit wat werklik vir haar bestem is.

Besoek die facebook-blad van Eat, Pray, Love

Het jy geweet?

  • Die film word op 5 verskillende plekke geskiet: New York, Napels (Italië), Pataudi (Indië) en Bali (Indonesië)
  • Daar was ‘n oproer in Indonesië toe die plaaslike inwoners paaie versper het en duisende dollars geëis het oor ‘n misverstand rondom verfilmingstye. Die geskil is intussen opgelos en verfilming kon voortgaan

  • 49IS1N rscfldttakqm, [url=http://mfkdizghqqjr.com/]mfkdizghqqjr[/url], [link=http://kohiuivyutjm.com/]kohiuivyutjm[/link], http://mfiauelftfab.com/