FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Julianne Moore kry haar Hollywood-ster PLUS Kry haar styl

Die Hollywood-aktrise Julianne Moore het die 2 507de ster geword wat vereer is met ’n ster op die Hollywood Walk of Fame.

Dié sterre word aan akteurs en filmmense toegeken wat ’n groot bydrae tot die filmbedryf gemaak het. Die 52-jarige aktrise, wat al vier keer vir ’n Oscar benoem is, het haar toekenning in ’n liggeel Dolce & Gabbana-rok ontvang. Haar man, Bart Freundlich, en haar kinders, die 15-jarige Cal en 11-jarige Liv, was daar om haar te ondersteun.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Julianne Moore ontvang haar Hollywood Walk of Fame-ster. (Gallo Images/Getty Images)

Julianne se rooi hare laat die koppe draai waar sy ook al gaan, en in geel staan haar hare nóg meer uit. Dit herinner ons aan een van ons mooimaak-sessie-deelnemers Miranda Nel (onder regs). Kyk na haar pragtige foto’s hier!

Julianne se hare en grimering

Jy kan ook Julianne se golwende hare kry! Begin deur ’n mousse wat volume gee in jou hare te sit voordat jy dit met jou hande begin blaas. Wanneer jou hare byna droog is, kan jy dit in fyn stringe verdeel. Rol die stringe een vir een om jou vingers en blaas dit dan droog. Laat die hare afkoel voordat jy jou vinger uit dit haal. Verdeel jou hare weer in stringe en rond die voorkoms met jou krultang af.

Julianne se natuurlike grimering beklemtoon haar mooiste gelaatstrekke. Gebruik verbronser om kontoerlyne op jou gesig te trek. Voeg dan ’n natuurlike blosser met ’n bypassende lipstiffie daarby.

Hoe trek mens kontoerlyne? Ons wys jou stap vir stap!

 

Kry haar voorkoms uit die SARIE-winkel!

Geel is hierdie seisoen hoogmode en is oral op die loopplanke te sienBaie mense is bang vir geel en dink hulle kan dit nie dra nie, maar dit is glad nie die geval nie. Jy moet net die regte skakering vir jou vel kry! Geel is ’n vrolike kleur wat mense aantrek en vreugdevol laat voel.

Geel soos die Paryse son!

 

Hierdie Shift Dress with Cap Sleeves is beslis ’n slim kopie. Die snit en die kontoerlyne is baie vleiend en skep vroulike kurwes.

Vir vroue wat nie mal is oor dun skouerbandjies of moulose rokke nie, is hierdie moue ideaal. Dis jonk en sny jou skouer op net die regte plek sodat jou neklyn en arms op hul beste lyk.

 

 

 

 

 

Ander geel skakerings

(Klik op die item se naam om te koop)
 

Dress With Dipped Hem (bo links)Tiered Maxi Dress (bo regs)Petal Dress (bo)

Geel bykomstighede

Tassel Scarf (bo links), Striped Bag With Yellow Handles (bo regs) en Purse (bo)