Het jy gehoor?

Julianne Moore oor oudword en Botox

Die 52-jarige aktrise Julianne Moore is nie bang vir oudword nie … maar wat sê sy oor Botox?

Die 52-jarige aktrise bewys die Hollywood refrein, “bo 50 en jy’s uit”, verkeerd. Dié ma van Caleb (15) en Liv (11) is hierdie jaar in 4 films te sien asook in ‘n televisiereeks (30 Rock), en werk aan 3 projekte vir volgende jaar én aan die opvolg van The Hunger Games vir 2015. Filmrolle stroom in.

152721495_300w

Foto: Gallo Images / Getty Images

Maar hoe hanteer sy oudword in ‘n industrie waar elke lagplooi teen ‘n vrou tel?

“Ek sien dit as ‘n voorreg om oud te word en ek weet baie mense voel nie só nie … Dit is iets wat ek nie sou verstaan het toe ek jonger was nie. Ek is nou baie gelukkig om net myself te wees, eerder as om te wens dat ek op ‘n sekere ouderdom gevries is. Ek voel nou gelukkiger met myself as in my 20’s.”

Beskerm jouself teen die son, selfs in die winter!

Hoewel sy nie ‘n definitiewe antwoord wil gee oor Botox nie,  is haar beweeglike voorkop ‘n teken dat sy nie in die afgelope tyd onder die naald was nie. Haar stywe vel skryf sy toe aan ‘n dieet van baie vis en slaai, goeie gesigroom en haar Skotse gene.

Jou vrae oor plastiese chirurgie, kenners antwoord

Dié aktrise maak ook tyd om kinderboeke te skryf. Dít handel oor ‘n rooikop-dogtertjie wat gespot word oor haar sproete en vlamrooi hare. Dié boeke was al op die New York Times se topverkoper-lys en dit is nie moeilik om te weet oor wie dié boeke handel nie. Met haar rooi hare en sproete het sy in haar jonger jare nie in die Hollywood-stereotipe ingepas nie.

Ons gunsteling-sakpasprodukte

“Ons het almal iets waarvan ons nie hou nie – hetsy bakore of ons lengte. In baie verhale verdwyn dit en die meisie verander in ‘n swaan. Maar ek wil dit in perspektief stel. Hierdie dinge gaan nie altyd weg nie, maar dit raak minder belangrik wanneer jy ander goed het om oor te dink.”

Meer oor Julianne

Gunsteling ontwerpers: Dior en Tom Ford

Skoonheidsmantra: Haal jou grimering af voor jy gaan slaap. Dra elke dag sonskerm.

Swakheid: Lekkers!

Op jou bedkassie: ‘n Versameling van George Saunders se stories

Geheime talent: Ek is ‘n baie goeie skoonmaker. Ek het gelees dat Ingrid Bergman ook een was, so ek is nie die enigste aktrise met dié talent nie.

Bron: Daily Mail