julio
Het jy gehoor?

Julio Iglesias in syfers

Op die ouderdom van 74 is die sanger Julio Iglesias oud, maar nog glad nie koud! Aanhangers sal opgewonde wees om te hoor dat die sanger in Oktober weer in Suid-Afrika kom optree as deel van sy wêreldtoer.

julio

Met treffers soos “Moonlight Lady”, “Hey” en natuurlik  “To All The Girls I Loved Before” strek Julio se sangloopbaan al 47 jaar en is hy die gewildste Latynse sanger nóg. Hier is waarom:

300 miljoen – Die aantal albums wat hy al wêreldwyd verkoop het.

5 000+ - Die hoeveelheid kere wat hy al opgetree het.

2 600 – Die aantal albums wat goud- en platinumstatus behaal het.

 

Kyk hieronder na sy treffer met Willie Nelson “To All The Girls I Loved Before”:

 

Sy seun Enrique Iglesias het in sy pa se voetspore gevolg en met meer as 137 miljoen albumverkope wêreldwyd is hy ook een van die grootste name in die Latynse musiekbedryf. Maar sy sangtalent is nie ál waaroor die wêreld gons nie. Kyk na dié foto van Julio se sexy seun.

Die “Hero”-sanger se verhouding met die voormalige Russiese tennisspeler Anna Kournikova maak gereeld nuus. Die paartjie is nou al 15 jaar saam.

Julio Iglesias tree in SA op:

14 Oktober om 19:30 in Pretoria. Koop die kaartjie hier.
19 Oktober om 19:30 in Kaapstad. Koop die kaartjie hier.
23 Oktober om 19:30 in Johannesburg. Koop die kaartjie hier.

Lees nou

Ons eie Herman deel van land se top-jeug!

Nataniël weer ‘piekfyn’ ná rooftog

Nataniël weer ‘piekfyn’ ná rooftog