Het jy gehoor?

June Steenkamp praat oor Oscar Pistorius se vonnis

Die ma van Reeva Steenkamp, June, het ná die vonnisoplegging van Oscar Pistorius eksklusief met die Britse tydskrif Hello! gepraat.

June het gesê dat dié vonnisoplegging (Oscar is 5 jaar tronkstraf vir strafbare manslag opgelê) “die beste vonnis is wat hulle kon verwag het”.

June Steenkamp tydens die hofverrigtinge vroeër vanjaar FOTO: Gallo Images / Reuters

June Steenkamp tydens die hofverrigtinge vroeër vanjaar
FOTO: Gallo Images / Reuters

“Ons wil nie wraak hê of hê hy moet seerkry nie, maar ons is gelukkig dat hy gestraf word vir wat hy gedoen het.” Sy sê ook aan Hello! sy glo dat Oscar eintlik verwag het om tronk toe te gaan.

Lees die volledige onderhoud op Hello! se webtuiste HIER.

Bron: Hello!