jurassic-world-poster-mosasaurus
Het jy gehoor?

Jurassic World vaar uitstekend by loket

Die jongste dinosourus-fliek in die gewilde Jurrasic Park-reeks, Jurassic World, het die afgelope naweek die naasgrootste inkomste van alle flieks nóg by die loket behaal, berig Time.

Die enigste ander fliek wat in die eerste naweek ná sy bekendstelling beter gevaar het, was die Avengers (2012).

Chris Pratt, wat die hoofrol speel in Jurassic World, het reeds bevestig dat daar nog ’n fliek in die reeks sal wees.

Die eerste Jurassic Park-fliek is in 1993 deur Steven Spielberg vervaardig. Die regisseur van Jurassic World is Colin Trevorrow.

Kyk die lokprent van Jurassic World hier:

Bron: Time

Beplan jy om Jurassic Wolrd te gaan kyk?

  • Ja
  • Nee

 Lees ook