just_jinjer
Het jy gehoor?

Just Jinjer-liedjie op Courtney Cox se treffer-TV-reeks

Courteney Cox van Friends-faam en beste vriendin van Jennifer Aniston, speel die hoofrol van dié reeks wat op die ABC-netwerk uitgesaai word. Sy speel, Jules Cobb, ‘n onlangs geskeide ma van ‘n 18-jarige en wanneer sy besluit om weer met mans te begin uitgaan, is die meeste van hulle baie jonger as sy.

Ander kunstenaars en treffers wat al vir dié reeks gekies is, is Enya se Orinoco Flow”, Harry Chapin se Cat’s in the Cradle“, “Keep On Loving You” deur REO Speedwagon, “Playing With The Boys” gesing deur Kenny Loggins en Beyoncé se ‘Single Ladies”.

Maar dis nie waar die goeie nuus vir Just Jinjer stop nie! Die hoofsanger en kitaarspeler, Ard Matthews, het onlangs verloof geraak aan die Suid-Afrikaanse supermodel, Landi Swanepoel. Sy het bekendheid verwerf as die gesig van Guess? en as die ‘Sylvia’-karakter in die Peroni-advertensie met Frederico Fellini se La dolce vita-fliek as inspirasie. Sy is ook ‘n gereelde model in die Suid-Afrikaanse Sports Illustrated Swimsuit Issue. Sy word gereeld met legendariese Brigitte Bardot vergelyk.

Hier is haar verloofring wat sy op Twitter vir die wêreld gewys het.

Landi Swanepoel se verloofring