438px_justin_bieber_at_easter_egg_roll_crop
Het jy gehoor?

Justin Bieber-fliek in SA!

Dis die inspirerende verhaal van Justin se lewe en hoe hy van straatmusikant in sy tuisdorp, Stratford, gevorder het tot een van die gewildste tiener-sensasies in die geskiedenis.

Hy is ongelooflik gewild en sy aanhangers staan bekend as “Beliebers”. Justin het 8 miljoen volgelinge op Twitter en 22.7 miljoen aanhangers op Facebook! Die fliek gee al hierdie fans die geleentheid om ’n agter-die-skerms-kykie te kry op sy lewe.

Dit fokus veral op die 10 dae voor die grootste Justin Bieber-vertoning nog, in Madison Square Garden in New York, wat heeltemal uitverkoop het. Dit was ’n hoogtepunt in sy loopbaan en is ook die klimaks van die fliek.

Die fliek sal reg oor die wêreld in 3D gesien word. Dit bestaan onder meer ook uit beeldmateriaal wat by van sy vertonings geneem is en gesinsvideo’s van vóór hy sterstatus bereik het.

In ’n onderhoud by die première van Never Say Never in Amerika het Justin gesê hy is oorweldig deur die reaksie. “Nou kan mense sien dat ek net ’n doodgewone tiener is wat sy droom uitleef. Ek wil hê dit moet ’n positiewe uitwerking hê op mense en hulle motiveer om nooit op te gee nie en nooit nee te sê vir geleenthede nie.”

In die eerste week wat Never Say Never in Amerika gewys het, het dit tot die derde gewildste dokumentêr nog gevorder. Net Fahrenheit 9/11 en The March of the Penguins het in hul eerste week beter gedoen. Maar daar word verwag Never Say Never gaan dié twee vinnig verbysteek.

HIER IS DIE NEVER SAY NEVER-MUSIEKVIDEO MET JUSTIN EN JADEN SMITH, SEUN VAN WILL SMITH

 

 

  • vcxetl

    dT9XFb bwwzlnmvnenx, [url=http://hpkcaynefnve.com/]hpkcaynefnve[/url], [link=http://eaojoripcitl.com/]eaojoripcitl[/link], http://bmcqgeadosjd.com/