Justin Bieber
Het jy gehoor?

Justin Bieber kleur sy hare blond

Justin Bieber het twee drastiese veranderinge dié week ondergaan: ‘n nuwe, blonde haarstyl en ‘n nuwe spoghuis in Hollywood. Só berig Daily Mail.

Dié 20-jarige het die opening van ‘n nuwe West Coast Customs-motorhandelaar in Burbank, California bygewoon toe die media hom met dié nuwe haarstyl afgeneem het. Bieber se hare het miljoene aanhangers reeds geïnspireer om ook daardie kuif te dra, en ons wonder of die nuwe een dieselfde effek gaan hê?

Onthou jy dié gesiggie?

438px_justin_bieber_at_easter_egg_roll_cropjustingBieber huur ook ‘n nuwe huis in Beverly Hills teen sowat R720 000 per maand. Só berig News.com.au. Dit is ‘n opgradering van sy vorige huis in Calabasas, California. Die spog-eiendom is in 2009 vir R120 miljoen verkoop en het 6 slaapkamers, 7 badkamers, plek vir 7 motors in die motorhuis, ‘n hysbak en ‘n swembad in die vorm van ‘n seil wat oor Los Angeles uitkyk. Klik hier vir ‘n FOTO van die huis.