FOTO: Instagram  justinbieber

FOTO: Instagram justinbieber

Het jy gehoor?

Justin Bieber steeds verlief op Selena Gomez

Die musikant Justin Bieber erken hy is steeds verlief op sy eksmeisie, die sangeres en aktrise Selena Gomez, berig Hollywood Life

Die 21-jarige sanger noem Selena sy eerste liefde en voeg by dat sy nuwe album, Purpose, deur haar geïnspireer is. Justin sê hy sal altyd lief wees vir haar en verklap hulle behou steeds kontak.

Beteken dit daar is hoop vir dié paartjie om op te maak? Baie aanhangers wat met hul musiek grootgeraak het, hoop so.

Volgens Hollywood Access meen Justin die toekoms is onvoorspelbaar. Hy reken hulle moet eers hulself vind voor hulle mekaar kan gelukkig maak.

Justin and Selena was vanaf 2010 tot 2013 ’n paartjie.

Bronne: Hollywood Life en Hollywood Access

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER vir dié kompetisie in