FOTO Instagram (@britneyspears)

FOTO Instagram (@britneyspears)

Het jy gehoor?

Justin en Britney – kan dit wees?

Wie kan hul gesamenlike denim-uitrustings by die 2001 AMA (Amerikaanse musiektoekennings) vergeet? Justin Timberblake en Britney Spears was die popwêreld se goue paartjie. En toe hulle in 2002 uitmekaar is, het hul aanhangers omtrent gehuil.

Die paartjie het in 1999 begin uitgaan. Maar toe dit eindig, het albei liedjies oor dié gebroke verhouding geskryf. Justin se Cry Me a River (2002) en Britney se Everytime (2004) was reuse-treffers.

In 2003 het Britney in trane uitgebars tydens ’n onderhoud met Diane Sawyer in haar insetsel van 60 minutes.

In 2007 het Justin met Oprah op haar kletsprogram gesels oor Britney.

“Ons was tieners. Dit is die beste manier om te beskryf wat met ons gebeur het. Sy het ’n groot hart.”

Maar nóú, 14 jaar later, het Britney onlangs op radio gesê dis haar droomprojek om met Justin te werk.

Hier’s haar insetsel op die radioprogram Most Requested Live With Romeo:

Justin is getroud met die aktrise Jessica Biel en hulle het een seun, Silas.

Maar daar is geen haat tussen Britney en Justin nie. Inteendeel, Justin het in 2011 aan Vanity Fair gesê: “Ek wens haar net die beste toe. Ons was voëls van eenderse vere, kleindorpie-kinders, wat dieselfde ding gedoen het.”

Voor hulle pop-ikone geword het, het hulle mekaar al as kinders geken. Albei was deel van The Mickey Mouse Club met popsanger Christina Aguilera en die akteur Ryan Gosling.

Kyk net hoe sing hulle saam as kinders:

Maar selfs Lance Bass, wat saam met Justin in die popgroep *NSYNC was, dink dis ’n goeie idee, berig E! News.

“Ek sal baie daarvan hou om dit te sien gebeur – natuurlik! Ek dink die hele wêreld sal hulle graag weer saam wil sien, in enige hoedanigheid. Dis soos elkeen se kindertyd-droom,” het Lance aan E! News vertel.

Lees nou

Lena Dunham in onderklere-veldtog

Die top wat alle bekendes dra!

Britney Spears verras weer