FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Justin Theroux: Die uitdagings om aan Jennifer Aniston verloof te wees

Om aan een van die bekendste vroue in die wêreld verloof te wees, is nie maklik nie, sê Justin Theroux. Maar vir haar sal hy dit enige tyd weer doen.

Justin vertel aan die tydskrif Details dat die paparazzi al byna kinders vertrap het om foto’s van hom en Jennifer Aniston te kry.

“Dit is ’n irritasie, maar op die ou end van die dag is dit nie die einde van die wêreld nie. Jy moet konsentreer oor waaroor alles gaan – dat ek iemand ontmoet het op wie ek verlief geraak het.”

Justin Theroux

Dié paartjie is in die media kollig sedert hulle in 2011 begin uitgaan het. Hul gemeenskaplike vriend Robert Downey Jr. het hulle aan mekaar voorgestel. Daarna het hulle saam in die fliek Wanderlust gespeel. En in 2012 is hulle verloof.

Toe het daar lelike skindernuus in die media verskyn oor gevegte tussen Theroux se familie en Jennifer Aniston, ook dat daar kompetisie is oor wie eerste voor die kansel gaan staan – Jennifer of haar eksman, Brad Pitt, en sy verloofde Angelina Jolie.

Maar Justin ignoreer al die gerugte. “Alles kom uit fiksie. Maar dan begin jy om niks van die verhouding te sê nie, want [dit word verdraai] in die media … ”

Justin speel in die nuwe gewilde reeks The Leftovers én is skrywer, vervaardiger en regisseur van films soos Rock of Ages, Iron Man 2 en Zoolander 2.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston

FOTO: Instagram @jenanistonbr

Bronne: Details, Huffington Post