FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Justin Timberlake se eersteling gebore

Die sanger Justin Timberlake en sy vrou Jessica Biel het eksklusief aan People.com bevestig dat hul eerste baba, Silas Randall Timberlake, gebore is.

Hul agente het gesê dat ma en seun albei gesond is en dat Justin ekstaties is. Hy het op sy verjaardag in Januarie die swangerskap bevestig toe hy op sosiale media sy aanhangers bedank het vir die boodskappe van gelukwensing. Hy het ook ’n foto gedeel waar hy Jessica se maag soen en geê: “Vanjaar kry ek die beste geskenk ooit.”

Die naam Silas was die middelnaam van Justin se oupa aan moederskant wat in 2012 oorlede is, terwyl Randall die sanger se middelnaam en sy eie pa se voornaam is.

 

justin_timberlake_300

Die paartjie is in 2012 getroud.