Het jy gehoor?

Prinses Grace in luukse juweliersware

Die Collection Princesse Grace de Monaco is ontwerp ter nagedagtenis aan dié besonderse vrou en plek. Grace Kelly is in 1956 met Prins Rainier III van Monaco getroud en op hul troudag is die pienk Grace de Monaco-roos na haar vernoem. Die Mont Blanc-reeks met sy diamante en pienk saffiere put inspirasie uit dié roos.

Die reeks is ‘n projek in samewerking met die Princess Grace Foundation USA wat jong talent in die uitvoerende kunste bystaan.

Die juweliersware

Die haute joaillerie-reeks
Elke stel bestaan uit ‘n hangertjie van pienk saffiere en diamante, lang oorbelle met blaarvormige pienk saffiere en ’n fyn, bypassende armband.

Horlosies
Die reeks horlosies bestaan uit 8 ontwerpe gemaak van 18 karaat rooigoud met 76 baguette-vormige diamante van 3.30 karaat elk. Daar is ook ‘n spesiale driedimensionele pienk saffier by die 6 uur-merk. Op die agterkant is die Princesse de Monaco-monogram.

Die Mont Blanc Princess Grace-horlosie

Pen
Die Mont Blanc-penreeks is ‘n viering van prinses Grace se drie kinders. Dit is gemaak van sjampanje-kleurige soliede goud met diamante en robyne op die doppie.