Het jy gehoor?

‘Jy is níé jou liggaam se vorm nie,’ sê Oprah

In die 1980’s het Don Johnson haar na ’n partytjie toe genooi, maar omdat sy meer as 2kg opgetel het,  het sy nie na die partytjie toe gegaan nie. Sy het geglo 2kg maak haar net te vet.

Sό berig Huffington Post vandag oor Oprah.

Nou gesels die kletskoningin in ’n video op Oprah.com oor hoe haar lyf en haar selfbeeld vir jare hand-aan-hand geloop het.

“Ek het op ’n stadium gedink maer-wees maak my beter,” sê sy.

Op die video sê Oprah verder dat jou ego skelm en verleidelik is en inbraak maak op die ware jy.

Franse braaibrood op 'n Sondag.

Hier twiet Oprah Franse braaibrood wat sy op ‘n Sondag gemaak het.

“Jy is níé jou liggaam se vorm nie. Jy is nie jou status nie. Jy is nie jou posisie in die lewe nie. Jy is nie die kar waarmee jy ry nie, al is dit ook hoe deftig. Jy is nie jou huis of jou vierkante meter nie,” sê sy. Kyk hier na die video!