Jamie Oliver
Het jy gehoor?

Jy kan Jamie Oliver regstreeks sien kook!

Vandag fokus sjef Jamie Oliver op sy kosrevolusie! Nou kan jy vir Jamie en gaste regstreeks sien kos maak. In samewerking met Facebook kan jy hom nou op sy amptelike blad in aksie sien. En dis alles vir ’n goeie doel.

Jamie wil vandag met sy veldtog, Food Revolution, bewusmaking oor die gesondheid van kinders, asook die belangrikheid van goeie voeding, skep.

Klik hier vir die regstreekse uitsending.

Vir 15 jaar veg Jamie al vir die gesondheid van kinders. In 2004 het hy skole in Brittanje besoek om te kyk of hy hul middagetes gesonder kan maak. Sy nuutste poging is Food Revolution. Hy wil mense die wêreld oor inspireer om meer gesond te eet, want dié statistieke is skokkend: 41 miljoen kinders onder die ouderdom van 5 is oorgewig, terwyl 159 miljoen kinders ondervoed is.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Die Food Revolution gaan oor ons almal wat ’n verskil kan maak – wat kook jy vir jou kinders, lees jy oor huidige koskwessies, deel jy met jou gemeenskap wat jy geleer het en koop jy gesonder produkte?

Dit is nie drastiese verskille nie, dit gaan daaroor dat jy meer positief kan optree om ’n beter, gesonder en gelukkige wêreld te help skep.

As ma van drie dogters is dit vir my ook belangrik dat kinders gesond moet eet.

Maar dis nie net Jamie wat regstreeks kook nie, ander internasionale sjefs kook ook vir dié doel! Klik hier om uit te vind wanneer dié sjefs kook.