FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jy sal nie glo waar dié bekendes gewerk het voor hulle bekend was nie

As jy na foto’s van bekendes op die rooi tapyt kyk in hul snyerspakke en ontwerpersrokke, is dit moeilik om te dink hulle was ook eens op ’n tyd doodgewone mense wat moes raap en skraap aan die einde van die maand. Sommige bekendes het selfs werke gedoen waarvoor die meeste mense hul neuse sal optrek.

Popsugar verklap wat dié 14 bekendes gedoen het voordat hulle bekend was:

  • Die sangeres Madonna het by Dunkin’ Donuts, ’n bekende doughnut-winkel in Amerika, gewerk
  • Die aktrise Rachel McAdams, sangeres Pink, en akteur James Franco het al drie by McDonald’s gewerk.
  • Die akteur Brad Pitt het soos ’n hoender aangetrek vir El Pollo Loco, ’n bekende Mexikaanse restaurantgroep in Amerika.
  • Die sangeres Gwen Stefani het draairoomyse gemaak vir vakansiegangers.
  • Die Amerikaanse president, Barack Obama, en die Oscar-bekroonde aktrise Julia Roberts het by die bekende Amerikaanse roomyswinkel Baskin-Robbins gewerk.
  • Die aktrise Eva Mendes het worsrolletjies verkoop.
  • Die Oscar-wenner Nicole Kidman het in ’n masseersalon gewerk.
  • Die akteur Johnny Depp het al erken hy was ’n ‘onsuksesvolle’ verkoopsman in ’n skryfbehoeftewinkel.
  • Channing Tatum, die akteur, was voorheen ’n ontkleedanser!
  • Patrick Dempsey, wat ook bekend staan as McDreamy van Grey’s Anatomy, was eens op ’n tyd ’n professionele goëlaar (juggler).
  • Hugh Jackman het soos ’n hanswors aangetrek vir kinderpartytjies.
  • Whoopi Goldberg was ’n lykversorger. 

Bron: Popsugar

Lees ook