Het jy gehoor?

Kaal foto’s van prins Harry in Vegas ‘is eg’

Naak foto’s van die prins is vanoggend op die internet versprei ná ‘n Vrydagaand van “strip billiards” in die suite vir baie belangrike persone in ‘n Vegas-hotel. ‘n Woordvoerder van Clarence House het bevestig dat die foto’s eg is, maar dat hulle nie gaan kommentaar lewer nie.

Die foto’s is op www.tmz.com te sien, en wys ‘n kaal Harry saam met ‘n onbekende kaal meisie.

Harry het glo aan ‘n hotelgas vertel dat hy vir ‘n week in Vegas is om “net partytjie te hou”. Hy’t ingeteken by die vyfster-hotel Wynn. Die foto’s volg op ‘n aantal ander partytjiefoto’s van die prins sonder sy hemp.

Twee lyfwagte en Harry se beste vriend, Tom (Skippy) Inskip, is saam Vegas toe. By een van die partytjies het Harry en kie ‘n duur rondawel langs ‘n swembad by die MGM Grand gehuur om Wet Republic, een van die grootste partytjies in Vegas, by te woon.

Harry word binne die volgende paar dae terugverwag by die huis om weer by die weermag aan te sluit.

  • Ruth

    So jammer dat jou vriende sulke fotos versprei op face book…het hul nognie geleer mens het nie lojale
    vriende as jy ‘n celeb is almal probeer geld maak uit enige storie wat hul in die hande kry……. Harry moes beter geweet het.

  • soekie Oelofse

    Dis absoluut crab!!!!! Dis nie Harry nie!!!! Toffies!

  • wendy

    what happens in vegas stays in vegas harry you go boy as dit jy was jong ,,,,enjoy your life ,,,

  • veralda

    so what as dit hy is

  • anita

    Ag foeitog die arme Queen!

  • Heloise

    Ek wonder hoe voel die belastingbetaler? Maar die arme outjie bly maar net mens…

  • Elizabeth

    Harry is ‘n stoutgat en ek het lekker gelag oor heirdie nwue manewales van hom. Ek meen wat se vervelige lewe ly hierdie oouens nie? Hulle het wel "werk" in diee weermag maar ander tye moet hulle noodgedwonge allerhande dinge doen soos rondloop tussen skares met ‘n mooi glimlag ens ens – NEE dankie vir my! Laat waai Harry – ek gun jou dit, jy is net een maal jonk en jy het niemand skade aangedoen nie!