Grace saam met Ella
FOTO: Facebook

Grace saam met Ella FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Kaalkop-Barbies vir siek meisies

Die verhouding tussen ’n meisie en haar Barbie was nog altyd iets spesiaal. En nou het Barbie nóg meer maatjies gemaak – in die hospitaal.

Die Ella Chemoterapie-Barbie het niks hare nie, maar wel pruike. En sy raak vinnig die beste vriendin van meisies met kanker. Huffington Post berig dat die 4-jarige Grace Bumstead, wat aan ’n seldsame vorm van leukemie ly, so ’n skaars Ella-Barbie gekry het – net een van ses was beskikbaar by die Los Angeles-hospitaal waar sy behandel word.

Haar ma, Melissa, sê die pop bring vir klein Grace die grootste plesier, hoewel sy eers nie verstaan het waarom dié Barbie nie hare het nie.

Saam met dié Barbie kom verskillende haarbande en pruike waarmee Grace haar kan versier. Melissa sê sy kon sien watter impak die pop op haar dogter gehad het en hoe vinnig sy ’n spesiale vriendin geword het ná haar haarverlies.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Melissa het besluit om ’n petisie op te stel om die speelgoedprodusent Mattel te vra om meer van hierdie Barbies te maak. En sy het nie gesukkel om meer as 100 000 handtekenige te kry nie, berig die Nederlandse dagblad AD.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Voortaan sal meer van Ella, die Chemoterapie-Barie, geproduseer word en hulle sal van Augustus in winkels besikbaar wees – dis nog nie seker of die pop ook in Suid-Afrika te kry sal wees nie.

Kyk hier hoe Grace haar eerste Ella-Barbie oopmaak:

Bronne: Huffington Post en AD