cr_enterance_ret_cat_small
Het jy gehoor?

Kaapse hotel in die internasionale kollig

Die Cape Royale Luxury Hotel in Groenpunt het uitgeblink by vanjaar se glansryke World Luxury Hotel-toekennings wat in Bangkok, Thailand, gehou is. Dié hotel is as die algehele wenner van die Luxury Hotel-toekennings in die All Suite-kategorie.

Die Cape Royale is onder meer vir sy uitstekende diens en wêreldklas-fasiliteite bekroon. Die crème-de-la-crème van die wêreld se luuksste hotels, van Peking tot Lissabon en Doebai, was op die kortlys.

Die World Luxury Hotel-toekennings, wat een van die mees eksklusiewe en glansryke geleenthede in die hotelbedryf is, word beskou as die toppunt van prestasie vir luukse hotels en oorde wêreldwyd.

Die eienaar van die Cape Royale, Paschal Phelan, het die volgende oor die toekenning gesê: “Hierdie is nie net ‘n wonderlike prestasie vir die hele span (ná slegs twee jaar se bestaan) nie, maar ‘n bevestiging dat wêreldklas-akkommodasie in Kaapstad beskikbaar is met die Wêreldbeker-sokkertoernooi om die draai.”