Het jy gehoor?

Kaapse stemme

Dit gaan só goed met Idol Jody Williams se loopbaan dat sy ‘n huis vir haar en haar gesin in Durbanville in die Kaap gekoop het. Tussen haar optredes deur is sy ook besig om die laaste vakke vir haar matrieksertifikaat te skryf.

Andriëtte Norman, wat saam met Jody aan Idols 2007 deelgeneem het en die naaswenner was, is al vir drie weke sak en pak terug in die Kaap. Sy sou net vir drie maande in die Moederstad kom kuier, maar toe is dit só lekker om weer tuis te wees dat sy besluit het om ná ‘n jaar in Johannesburg terug te trek. “Ek wil bly waar ek gelukkig is. Ek het ‘af’ begin voel in Johannesburg.” Sy belowe egter dat sy nie haar werk sal afskeep nie en gereeld Johannesburg toe sal vlieg vir optredes.