Het jy gehoor?

Kabelo sing

Sewe is ’n belangrike syfer in die lewe van Sekoati Tsubane, oftewel die kelner Kabelo in die gewilde SABC2-sepie 7de Laan. 777, sy CD met ’n mengsel van kwaito, house en popmusiek, word in Maart uitgereik. Vanwaar al die 7’s? Wel, die album is in 7de Straat opgeneem, hy speel in 7de Laan - en 7 is sy gelukkige nommer. Sien? En, o ja, Sekoati sing onder die naam Skwati.