Kaley en haar man, Ryan
FOTO: Instagram @kaleycuoco

Kaley en haar man, Ryan FOTO: Instagram @kaleycuoco

Het jy gehoor?

Kaley Cuoco en haar man gaan skei

The Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco se huwelik met haar tennisspeler-man, Ryan Sweeting, is ná minder as twee jaar op die rotse, berig US Weekly

Volgens die 29-jarige blondine se verteenwoordiger het die paartjie saam besluit om hul huwelik te beëindig. Hulle het ook gevra dat hul privaatheid gerespekteer word en sê hulle gaan nie verder kommentaar lewer nie.

Kaley het foto’s van Ryan van haar sosialemedia-platforms verwyder. Ryan het op sy beurt al sy Instagram-foto’s verwyder en sy Facebook-blad gedeaktiveer.

Volgens E! Online omring Kaley haar in dié moeilike tyd met vriende en haar geliefde troeteldiere.

A photo posted by @normancook on

Bronne: US Weekly en E! Online

Lees ook