FOTO Facebook Jeya May Cruz

FOTO Facebook Jeya May Cruz

Het jy gehoor?

Meer as 140 000 mense soek dié selfoon!

Op die oog af lyk dit soos ’n normale foto van ’n tafel op ’n mat, maar as jy fyn kyk, sal jy nóg iets sien!

Jeya May Cruz van die Filippynse Eilande het dié foto op sy Facebook-profiel gedeel en gesê, “Kom ons speel. Soek die selfoon.” Die foto het reeds meer as 140,000 likes gekry en het baie mense frustreer omdat die optiese illusie so moeilik is om op te los, berig Independent.

Jeya was self geskok oor die foto wat so vinnig versprei het. Op Facebook het hy almal bedank wat die foto ge-like en gedeel het. Hy het ook in ligte luim gesê hy is jammer oor die moontlike oog- en kopseer wat hy veroorsaak het …

Kyk of jy die foto kan kry:

(Skuif die wit pyltjie na regs vir die oplossing.)

Bron: Independent.

Lees nou:

Kyk hoe het dié celebs ’n paar jaar gelede gelyk!

Kardashian-susters mal oor dié SA produk

Jong Justin Bieber, Kendall Jenner kry stof in die oë