Cher Vanity Fair cover
Het jy gehoor?

Cher is 70!

Die ikoniese sanger Cher verjaar vandag! Die aktrise, popsangeres en stylikoon vier vandag haar 70ste verjaardag. Sedert sy in 1946 die liedjie “I Got You Babe” saam met Sonny Bono (nou haar eksman) gesing het, het sy die wêreld verower.

Cher is reeds langer as vyf dekades in die bedryf en is een van die min vermaaklikheidsterre wat sowel ’n Oscar as ’n Grammy gewen het.

Haar liedjie, “Believe” het gesorg dat sy in die Guinness World Book of Records opgeneem is as die oudste sangeres wat op Billboard se top-100-trefferlys verskyn.

Hier is ’n paar musiekvideo’s van dié ikoon se gewildste liedjies

“Believe”

“The Shoop Shoop Song”

“If I Could Turn Back Time”

“Strong Enough”

“I Got You Babe” – Sonny & Cher

Veels geluk, Cher!

Lees nou

Jay du Plessis en Mia verwag seun no. 4

Wayde van Niekerk se goue hart

Aspoestertjie vs Sneeuwitjie: Karlien en Nádine vertel