scarjopsycho
Het jy gehoor?

Kan jy glo! Ongelooflike fliek-oormaaksessies

Die ‘stoutkind’ van Hollywood, Lindsay Lohan, is onlangs totaal getransformeer vir haar rol as die stylvolle silwerdoek-ikoon, Elizabeth Taylor in die TV-fliek, Liz & Dick. Scarlett Johansson (foto bo) is ook nou op die rooi tapyt te sien by die wêreld-premières van die fliek Hitchcock wat handel oor die lewe en werk van legendariese filmmaker, Alfred Hitchcock. Scarlett speel die rol van die aktrise Janet Leigh toe sy geskiet het aan die Hitchcock-riller, Psycho.

Naomi Watts en beste vriendin Nicole Kidman speel albei prinsesse – Naomi as Prinses Diana in haar laaste dae, en Nicole as Prinses Grace van Monaco. Nicole het ook ‘n totale oormaak gehad vir die rol van Virginia Woolf in The Hours – ‘n rol waarvoor sy in 2002 met ‘n Oscar bekroon is.

‘n Jaar later het nóg ‘n totale oormaakrol vir ‘n goue beeldjie gesorg – dié keer vir Charlize Theron as die reeksmoordenaar Aileen Wournos in Monster

En natuurlik was daar Michelle Williams as Marilyn Monroe in die 2011-trefferfliek, My Week With Marilyn.

Wie dink jy is die beste oormaakrol?

LINDSAY LOHAN AS ELIZABETH TAYLOR

Lindsay Lohan as Elizabeth Taylor

NAOMI WATTS AS PRINSES DIANA

Naomi Watts as Prinses Diana


NICOLE KIDMAN AS PRINSES GRACE

Nicole Kidman speel Prinses Grace van Monaco

MICHELLE WILLIAMS AS MARILYN MONROE

Michelle Williams as Marilyn Monroe

  • Benita

    Definitief Michelle Williams!!!