Het jy gehoor?

Kanna-toekennings 2010: Hier’s die wenners

Vanjaar se Kanna-toekennings het op ‘n ysige Moedersdag (9 Mei 2010) in Kaapstad by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Kaapstad plaasgevind.

En dit was Betésda, wat soos ons eie Avatar, met 3 groot pryse weggestap het!

Bekendes wat dit bygewoon het was die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, Tannie Grietjie van Garies, Shaleen Surtie-Richards (seremoniemeester), Casper de Vries, Martinus Basson, Laurika Rauch, Neels van Jaarsveld, Antionette Kellerman, David Kramer, Cobus Rossouw en Lise Swart.

Cobus Rossouw en Pieter Fourie het Spesiale Kannas ontvang vir onderskeidelik vertolking en ‘n lewensbydrae. Laasgenoemde is die Afrikaans Onbeperk-verering.

Hier’s die wenners:

Slurpie Kanna vir die Beste Opkomende Professionele Kunstenaar (geborg deur Sanlam):
Moenier Adams in Afrikaaps

Beste Absa KKNK-debuutwerk: Die produksie Betésda

Kanna vir Buitengewone Bydrae tot ‘n Kontemporêre Musiekproduksie (geborg deur Huisgenoot):
David Kramer met Kaapse Breyani

Beste Manlike Kunstenaar: James Grace in Around the World in 60 Minutes

Beste Vroulike Kunstenaar: Antionette Kellerman in As die broek pas

Beste Regie (geborg deur Windhoek Lager): Nicola Hanekom vir Betésda

Die Herrie Kanna Gewildheidsprys (geborg deur Absa): Bloomers en rumours

Beste Aanbieding (geborg deur Absa): Betésda