Het jy gehoor?

Kanna-toekennings: Só lyk die wenners + SARIE-prys gaan aan…

By ‘n spoggeleentheid in die Kaap is die wenners van die Absa KKNK Kanna-toekennings gister (Sondag 11 Mei 2014) op ‘n besondere wyse gevier. Benewens Antoinette Kellerman wat met die SARIE-Kanna vir Beste Aktrise weggestap het, is nog van die beste bydraes tot die 20ste KKNK vereer. Daarbenewens is 11 van Afrikaans se top-kunstenaars deur vriende en kollegas in roerende commendatios uitgebeeld:

Afrikaans Onbeperk vir Lewensbydrae – T.T. Cloete en Koos Human

Afrikaans Onbeperk vir Vernuwende Denke – Nataniël

Afrikaans Onbeperk vir ’n Jong Stem – Christiaan Olwagen

Kuns Onbeperk vir Diens aan die KKNK – Franklin Sonn

Kuns Onbeperk vir Lewensbydrae – Thandi Klaassen

Kuns Onbeperk vir Vernuwende Denke – Jaco Bouwer

Kuns Onbeperk vir Vertolking – Sandra Prinsloo en Shaleen Surtie-Richards

Kuns Onbeperk Kruispunt – Coenie de Villiers en Zolani Mahola

_VDV4311 (1)

Gerben Kamper en Antoinette Kellerman in Samsa-masjien

Nuwe leisels

Rhodé Snyman, wat ook tydens die funksie aangewys is as die nuwe Uitvoerende Hoof van Kuns Onbeperk het die pryswenners gelukgewens en gesê dit is vir dié fees ‘n voorreg om erkenning te gee aan die uitblinkers op vanjaar se 20ste fees. “Die Absa KKNK kon nie vir ‘n groter verjaardaggeskenk gevra het, as vanjaar se ryk oes aan nuwe werk van hoogstaande gehalte nie. Ons hoop dat hierdie werk ook elders speelkans sal kry.

Hier volg die lys van die 2014 Absa KKNK Kanna-toekenings.

Kanna vir Beste Teater-aanbieding geborg deur die ATKV

  • Dogma

Kanna vir Beste Komedie geborg deur kykNET & Kie

  • Waterpas

Kanna vir Beste Akteur – Manlik geborg deur Windhoek Lager

  • Gerben Kamper – Samsa-masjien

Kanna vir Beste Akteur – Vroulik geborg deur SARIE

  • Antoinette Kellerman – Samsa-masjien

Kanna vir Beste Musiekproduksie geborg deur Huisgenoot

  • Finding Emo

Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering geborg deur kykNET

  • Homage – ’n Huldiging van Suid-Afrikaanse komponiste

Kanna vir Beste Regie geborg deur die ATKV

  • Jaco Bouwer – Samsa-masjien

Kanna vir Beste Debuutwerk geborg deur Absa

  • Dogma

Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar geborg deur die Absa KKNK

  • Richard September vir sy spel in Rondomskrik

Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk geborg deur Absa

  • Samsa-masjien

Kanna vir Beste Visuele Kunsaanbieding geborg deur Absa KKNK

  • Hannelie Taute – Rubber ever after

Eervolle vermeldings: Op versoek van die Kannapaneel is daar vanjaar ’n eervolle vermelding vir die puik ensemble-spel van die akteurs in Dogma en Rondomskrik.