FOTO: Deon Lotz, Aletta Bezuidenhout, Nicole holm en André Roothman in Moedermoed en haar kinders

FOTO: Deon Lotz, Aletta Bezuidenhout, Nicole holm en André Roothman in Moedermoed en haar kinders

Het jy gehoor?

Kanna-wenners 2015

Die jaarslike Kanna-toekennings het gister middag plaasgevind in die Paarl by die Diamant Estate in Paarl uitgedeel. 

Die wenners van onderskeidelik beste vroulike akteur, Aletta Bezuidenhoud, en beste vroulike byspeler, Cintaine Schutte is albei deur SARIE geborg.

Hier is die volledige lys van wenners:

Kanna vir die Beste Teateraanbieding, geborg deur die ATKV

  • In glas

Kanna vir die Beste Akteur: Manlik, geborg deur Windhoek Lager

  • Albert Pretorius (Buite blaf die honde swart en Die seemeeu)

Kanna vir die Beste Byspeler: Manlik, geborg deur Windhoek Lager

  • Deon Lotz (Moeder Moed en haar kinders en Die seemeeu)

Kanna vir die Beste Akteur: Vroulik, geborg deur SARIE

  • Aletta Bezuidenhout (Moeder Moed en haar kinders)

Kanna vir die Beste Byspeler: Vroulik, geborg deur SARIE

  • Cintaine Schutte (Moeder Moed en haar kinders en Die seemeeu)

Kanna vir die Beste Musiekproduksie, geborg deur Huisgenoot

  • Al lê die berge nog so blou

Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering, geborg deur Naspers

  • Bach vandag

Kanna vir die Beste Regie, geborg deur die ATKV

  • Jaco Bouwer (Santa Gamka en Buite blaf die honde swart)

Kanna vir die Beste Debuutwerk, geborg deur ABSA

  • Santa Gamka

Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar, geborg deur Naspers

  • Schalk Bezuidenhout (Lewendig)

Herrie Kanna vir kopverskuiwende werk, geborg deur Windhoek Lager

  • Santa Gamka

Kanna vir die Beste Visuele Kunsaanbieding, geborg deur ABSA

As die vlooie byt in La La Land – Nathani Lüneburg

 

Lees hier meer oor vanjaar se Kanna-toekennings