Lees nou kanye west
Het jy gehoor?

Kanye is op Instagram! Uhm … en dis sy eerste foto?

Ja, daar is nog mense en bekendes wat nie op Instagram is nie. Kan jy glo? Dié week verwelkom ons Kanye West op Instagram! Kanye het op Twitter gesê dié “nuwe” platform is vir sy kuns …

Terwyl Selena byna 100 miljoen Instagram-volgelinge het, staan hy op 1 miljoen volgelinge. Dit is ná hy eergister sy eerste foto geplaas het en nog nie eens ’n profielfoto het nie.

In Maart het Kanye reeds begin praat oor die moontlikheid van Instagram:

Gister het Kanye sy eerste foto op Instagram geplaas. En as jy, soos ek, gewonder het waarna jy kyk: dis ’n foto uit die 1990-fliek Total Recall, met Arnold Schwarzenegger in die hoofrol.

A photo posted by Kanye West (@kanyewest) on

In ander Instagram-nuus

Selena Gomez het steeds die trofee vir die meeste Instagram-“likes” nóg. Die syfer staan nou op 5,6 miljoen, maar groei steeds.

when your lyrics are on the bottle #ad A photo posted by Selena Gomez (@selenagomez) on

Selena het ook die meeste volgelinge op hierdie geliefde sosiale platform. Tans het sy 99,4 miljoen mense wat haar volg. Sy is byna by 100 miljoen!

instagram

En raai wie het die meeste volgelinge in SA? AB de Villiers vat die koek!

instagram

En as ons praat van glanspersoonlikhede, wen Minnie Dlamini die toekenning vir die meeste volgelinge. Sy het ’n hele 1,2 miljoen!