FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

Het jy gehoor?

Kanye West: 8 feite

Hy is die man wat die selfie-koningin Kim Kardashian se hart gesteel het. Die persoon wat al lelik met Taylor Swift baklei het. En die een wat hoop om in 2020 die president van Amerika te word. Kanye West: kletsrymer, soms Twitter-verslaafde en pa van twee, North en Saint.

Hier’s 8 goed wat jy nie geweet het nie:

1. In 2002 het Kanye die liedjie “Through the Wire” in ’n hospitaal opgeneem ten spyte van ’n gebreekte kakebeen! Hy het sy besering in ’n motorongeluk opgedoen. Sy kakebeen was met draad vasgemaak, maar dit het Kanye nie gekeer nie.

2. Op die ouderdom van 10 het klein Kanye vir ’n jaar in China gebly. Sy ma, Donda West, het Engels by die Nanjing-universiteit gedoseer.

3. Sy vrou, Kim, mag dalk 80,4 miljoen volgelinge op Instagram hê. Maar Kanye spog met 92 toekennings, waarvan 21 Grammy-musiektoekennings is, en 369 benoemings.

Yep we were really taking selfies the whole time and they are all up on my app! Link is in my bio. KimKardashianWest.com

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

4. Hy hou sy lyf gereeld modeontwerper.

5. Kanye het al twee keer op Time se lys van 100 invloedrykste individue verskyn. Die eerste keer in 2005 en die tweede keer tien jaar later, in 2015.

6. Meer as 25 miljoen mense volg hom op Twitter. Maar Kanye volg net een mens: Sy vrou, Kim, natuurlik.

Wearing Yeezy Season with Yeezy A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

7. Kanye stal nie sy toekennings uit nie. En nêrens in sy huis sal sy Grammy-toekennings te vinde wees nie.

8. Kanye beteken “enigste een” in Swahili.

Bronne: Time, Forbes, Complex, GQ