Het jy gehoor?

Karamelmousse-terrien

genoeg vir 10 – 12

• 1 x 500 g-sponskoek, in skywe gesny
• 250 g 70%-donkersjokolade
• 45 ml botter, gesmelt
• 3 eiers, geskei
• 60 ml versiersuiker
• 1 x 360 g-blik karamelkondensmelk

Voer ’n 30 cm-broodpan of ’n driekhoekpan (te kry by spesialis-bakwinkels) met kleefplastiek uit en dan met skywe koek. Smelt sjokolade en botter saam in mikrogolfoond. Laat effens afkoel en roer eiergele een vir een by. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en gooi versiersuiker by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Vou by sjokolademengsel in. Skep dadelik helfte van mengsel in uitgevoerde pan. Skep lepels vol karamel bo-op sjokolade, gevolg deur res van sjokolademengsel. Laat stol vir 30 minute. Keer uit en sit voor met sjokoladesous van jou keuse.