Het jy gehoor?

Kardashian-baba is hier!

Volgens bronne op E Online! is Kanye na die hospitaal gehaas om Kim by te staan tydens die geboorte. Dit is Kim (32) se eerste kind.

Ma Kris het vanaf die rooi tapyt vertel dat die dogtertjie pragtig is en dat dit goed gaan met Kim en die baba. Sy het ook verklap dat aanhangers binnekort meer sal weet van die nuutste toevoeging tot die Kardashian-familie.

Kim en Kanye

En dit was net ‘n kwessie van tyd voor sus Khloé op Twitter oor die baba geskryf het: “Ek kan nie eens begin om dié wonderwerk in ons familie te beskryf nie. Ma en baba is gesond en hulle rus nou. Ons waardeer al die liefde.”

Wat dink jy gaan die baba se naam wees?