FOTO: Morné van Zyl

FOTO: Morné van Zyl

Het jy gehoor?

Karen Zoid skop stof in die oë van Justin Bieber en Adele!

Karen Zoid is nie net ’n president nie, maar deesdae ook die koningin van iTunes!

Gisteraand het die derde seisoen van kykNET se gewilde geselsprogram Republiek van Zoid Afrika begin. Soos altyd het president Karen ’n gewilde treffer op die episode gesing. Die keer was dit Dis ’n land saam met die sanger Snotkop.

FOTO: Anelia Loubser

FOTO: Anelia Loubser

President Karen se weergawe is net ná die episode in Apple se Suid-Afrikaanse iTunes-winkel opgelaai. En dit het soos soetkoek verkoop!

Binne enkele minute was dit in die top-3 en Adele se Hello moes gou haar tweede posisie groet. Kort daarna het die SA rocker ook vir Justin Bieber se Sorry van sy nommereen-posisie onttroon.

Self ou Biebs het dit nie sien kom nie!

Ons het in ons Februarie 2015-uitgawe met Karen gesels, onder meer oor die gewildheid van haar program. Dís wat sy gesê het:

“Ek is ’n ekstrovert. Mense energize my. Wanneer ek bang is, vra ek die skoenlappers in my maag om na die opgewondenheid in my hart te vlieg. Mense maak teenoor my oop omdat ek hulle respekteer. Ek wil hulle nie blootstel nie, maar beter leer ken. Ek weet mos hoe dit voel om in ’n onderhoud-situasie te wees. Alles waaroor ek gedroom het, kom nou bymekaar.”

Lees meer HIER. 

Bravo, president Karen!

Lees ook: