zoid
Het jy gehoor?

Karen Zoid begin ’n nuwe TV-reeks

Karen Zoid se nuwe TV-reeks, Republiek van Zoid Afrika, beloof om jou laataande op te kikker – en dít nogal in Afrikaans.

In die program sal jy glo gou besef dat lag en musiek ál is wat belangrik is waar Karen is. Gaste op kykNET se nuwe satiriese geselsprogram wat laatnag uitgesaai gaan word is van die sangeres se gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en baie ander merkwaardige mense.

Karen hoop om weer aan die land te wys hoe plesierig Afrikaners is met komiese sketse en lekker musiek. Veel meer as dit weet ons nog nie, maar ’n verrassing is mos darem ’n lekker ding.

zoid 2

Selfs die opneem van die reeks was ongewoon. Die gehoor was onder die indruk dat hulle op pad is na ’n spesiale, private optrede deur Karen toe ’n filmspan hulle verras. Dié aanhangers kry toe die voorreg om die gehoor op elk van die episodes te wees en blykbaar het hulle dit uiters geniet.

Republiek van Zoid Afrika begin op 10 Julie of kykNET.

zoid