unplugged
Het jy gehoor?

Karen Zoid wys haar mooiste foto’s van 2012

Van Queen tot Lady Gaga, Miriam Makeba tot Modern Talking, Beethoven tot The Beatles. Dít is Under the Covers se ongewone speellys, in die stem van Karen Zoid. Haar ongelooflike vermoë om bekende liedjies soos “Halleluja”, “Paradise Road”, “Don’t Stop Believing” en “Imagine” haar eie te maak, maak Under the Covers ‘n luister-ervaring wat jy nié kan mis nie.

Dit speel vanaf 27 November tot 1 Desember 2012 by Theatre on the Bay. Kaartjies teen R120 en R150 beskikbaar by Computicket of tel. 021 438 3300

Kapenaars, skryf hieronder in om kaartjies te WEN! Ons gee 2 dubbelkaartjies vir Vrydag 30 November en Saterdag 1 Desember elk weg.


Foto bo: My unplugged vertonings is altyd vir my besonder lekker.

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

Agter die verhoog
Saam met Sonja Herholdt, Rina Hugo & Zanne Stapelberg. (Zoid & Zanne doen volgende jaar saam ‘n rock-opera by die KKNK. Hou www.kknk.co.za dop vir details)

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

David Kramer
“David Kramer is ‘n legend.E k het hier saam met hom gesing as deel van sy tribute show by Oppikoppi.”

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

Johannesburgse dak-konsert
“‘n Show bo-op ‘n skyscraper in Jozi se middestad om my album te launch. Die show is live gestream op die internet en mense van reg oor die wêreld kon kyk. Dit was die eerste keer in Afrika dat ‘n show só gedoen is.”

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

My CD arriveer
Dit was ‘n hoogtepunt toe my nuwe album, Zoid Afrika, by my huis aankom ná maande se skryf en werk daaraan. Dis my eerste vollengte- Afrikaanse album.

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

Oppikoppi
Dis elke jaar vir my ‘n hoogtepunt. Die crowd sing so hard saam dat ek myself soms nie op stage kan hoor nie.

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

Toe en nou
Ek het ou 8 mm-filmpies wat my pa van ons as kinders gemaak het, gebruik in die musiekvideo van “As musiek begin speel”

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

Skouspelvertoning
‘n Hoogtepunt om “As musiek begin speel”, wat ek vir my seun, Ben, geskryf het, by Skouspel te sing voor 30 000 mense.

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

Vusi en Zoid
Ek het dié jaar ‘n klomp amazing shows saam met hierdie digter-musikant gedoen.

Zoid en Zolani
Ongelooflike hoogtepunt om saam met so ’n begaafde sanger soos Zolani (Freshlyground) op te tree.

Karen Zoid deel haar beste foto's van 2012

Uittreksel: “As musiek begin speel”
En wanneer jy voel
Die lewe is net een groot gesuffer
Reik jou hande uit en help n ander
Met minder as jy
Maak iemand bly
Want dan sal jy

Altyd wil saamsing
As musiek begin speel
Dans in die somer se reën
Soek vir die reënboog
Langs die pad my skat

  • ignatius smal

    great stuff!

  • Marina

    Karen is oorspronklik met ‘n wonderlike stem

  • Sonja

    My ULTIMATE most favourite favourite favourite AWESOMESTE, coolste, mees inspirerendste beste este este sangeres in the universe.

    Laf Karen…..

  • Elsie de Beer

    Karen is oorspronklik en net haarself. Great