TS_01_v4_QC_F72
Het jy gehoor?

Karlie Kloss is Topshop se nuwe ambassadeur

Dis pas bekend gemaak dat Karlie Kloss die nuwe gesig is van Topshop se Somer 2016-modeveldtog.

Ná 8 jaar is Karlie Kloss weer die gesig van ‘n Topshop-modeveldtog. Die pragtige model, entrepreneur en rolmodel was al voorheen saam met Jourdan Dunn in ‘n advertensieveldtog vir dié winkelgroep.

Die kreatiewe direkteur van die groep, Kate Phelan, se kommentaar was: “Dis opwindend om Karlie weer by ons te hê, agt jaar ná haar eerste modelwerk en haar eerste Topshop-veldtog saam met Jourdan Dunn. Sy is die toonbeeld van ‘n ware Topshop-vrou  – ‘n internasionaal bekende mode-figuur, sakevrou, entrepreneur en filantroop wat die wêreld oor by ons klante aanklank vind met haar talle talente, ambisies en passies.”

FOTO’S : Verskaf

Van die items sal mettertyd in Suid-Afrika beskikbaar wees.