Karlien van Jaarsveld
Het jy gehoor?

Karlien binnekort gestrand in die Seychelle

Van SA se grootste sterre soos Karlien van Jaarsveld gaan later vanjaar gestrand wees in die Seychelle as deel van die TV-program Tropika Island of Treasure

Dié program is voorheen op SABC 1 uitgesaai, maar word later vanjaar na SABC 3 geskuif. Dit is in die vyfde seisoen van dié reeks waarin Reeva Steenkamp ’n deelnemer was.

Hoe werk die kompetisie?

Daar is celebs én doodgewone mense saam op ’n luukse eiland en weekliks kan die wenner van die dag se wedstryd kies watter ander persoon die eiland moet verlaat. Die laaste deelnemer wen R1 miljoen.

Die gewilde Minnie Dlamini en Top Billing-aanbieder Jonathan Boynton-Lee is die aanbieders van die sewende seisoen.

Wie neem almal deel?

Die celebs wat aan die nuwe seisoen deelneem is onder andere Karlien Van Jaarsveld, Isidingo se Zakeeya Patel en Maurice Paige, komediant Siv Ngesi, aktrise Jessica Nkosi, en sangers Emtee en Anga Makubalo.


*Die program word later vanjaar op SABC 3 uitgesaai.

Lees nou

Bobby vlieg SA toe via Atatürk-lughawe

Het Karlien weer liefde gevind?