Het jy gehoor?

Karlien, Hanna, Miley se hondeliefdes

Miley Cyrus se nuutste toevoeging tot haar hondefamilie is Penny Lane, ‘n weggooihondjie wat sy aangeneem het. Sy’t ‘n foto van haar Penny Lane op Twitter gelaai. Om weggooihonde te red lê Miley baie na aan die hart. Sy het selfs ‘n kontrak laat optrek, dat sou sy met Liam Hensworth trou, sy toesig oor al die honde sou kry indien hul paaie sou skei.

Karlien van Jaarsveld en Juliette

Karlien van Jaarsveld se nuwe ‘babatjie’ is Juliette. Sy’t dié foto op Twitter gedeel. “Kyk vir my en my nuwe babatjie, Juliette.”

Hanna Grobler

Hanna Grobler en haar ‘peetkind’ het ook op Twitter gepronk. “Ek en my nuwe peetkind Bellary Abigail Hanelia Van Helsdingen!”