sr1202cover_binne_3_
Het jy gehoor?

Karlien se ring soos Heidi Klum s’n

Karlien het gisteraand aan die voormalige Springbok-rugbyspeler en Blou Bul Derick Hougaard verloof geraak. Hy het vir haar ’n geel diamant van twee karaat gegee en sy gaan self ’n verloofring daarvan laat ontwerp.

Toe SARIE vandag telefonies met haar praat om die paartjie geluk te wens, was die twee juis op pad na Jenna Clifford-juweliers om die yslike diamant in ’n ring te laat omskep. 
“Die diamant is ontsettend mooi,” sê Karlien. “Ek wou graag ’n geel diamant hê en jy kan die geel duidelik sien. Ek het nie gedink Derick gaan vir my so ’n groot diamant kry nie.”

Heidi Klum se geel-diamantring

Inlasfoto: Heidi Klum se ring (foto: Gallo Images/Getty Images)

Karlien sê die troue gaan 23 óf 24 November vanjaar in die Kaap plaasvind. “Ons weet nog nie presies waar nie, maar dit gaan nogal ’n groot troue wees, want ons albei het baie vriende.” 
Derick het haar gisteraand met ’n romanties gedekte tafel op ’n gholfbaan verras en die ja-woord gevra. Dit was op die Pretoriase gholflandgoed waar sy woon

Vandag is hulle twee “in die wolke,” sê Karlien aan SARIE. “Ons kan dit nou nog nie glo nie. Ek is ongelooflik gelukkig, regtig.”

Hulle is besig om ’n huis in die ooste van Pretoria te koop. Derick sal eers daar intrek en Karlien later. “Ek sien verskriklik uit, jy verstaan nie. Ek wil nou net huis-huis speel.”

Toe SARIE vroeër ’n onderhoud met haar gedoen het vir ons Februarie-uitgawe, waar sy ook op die voorblad was, het sy vertel hoe broeis sy is. Dit het nog nie verander nie. “Ek sien baie uit na babas!” gee sy laggend toe.

  • Anne-Marie Roode

    Baie geluk Karlien met jul verlowing!! Alle seën vir jullle mag julle verewig gelukkig wees!!

    Geluk ook met al jou toekennings wat jy gewen het!! Ons is mal oor jou musiek!! Gaan so aan!!

    Groete

  • Rhode de Beer

    GELUK KARLIEN EN DERICK JULLE AL TWEE IS PRAGTIG!!!!!!!!!!!!!! GENIET DIE BEPLANNING EN DIE DROME!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Anna-Mari Meiring

    Baie Geluk julle twee, julle is altwee baie pragtige mense van binne en buite.Mag julle baie gelukkig wees en hou aan om julle getuienis uit te dra.

  • Rozanne Carolus

    Baie geluk julle twee, hoop julle gaan baie gelukkig wees.

  • Simone

    Veels geluk julle twee oulike mense! Ek is baie seker julle gaan ‘n gelukkige standvastige huwelik hê.
    Ek kyk uit na julle troudag. Geniet hierdie reis saam….

  • Ronel Godfrey

    Opregte gelukwense aan julle, waar Jesus die middelpunt is en bly, hoef julle nie die toekoms te vrees!!!!
    Strome van seen vir julle!!!!!!!!!!

  • Babes

    MOOI SO BLOUBUL!!

  • Hendrik Viljoen

    Geluk Karlien an Hougaard, al die beste, mag God se seen oor julle wees.

  • Petro

    Baie geluk. Julle maak ‘n pragtige paartjie uit mag julle net baie gelukkig wees.

  • Chris en Alida Laing

    Baie geluk Derick en Karlien met die verlowing. Jul is ‘n pragtige paartjie en ons weet dat jul Jesus 1ste in jul lewe stel. Alles wat mooi is vir jul toekoms saam.

  • Altie

    Baie geluk julle twee!!! As julle kleintjies kry wil ek n reuntjie he seblief!!

  • Sina

    Moet nooit jul verhouding/huwelik bou op ander sin nie. Bou jul eie as individue. Die belangrikste,… Geloof, Hoop, Liefde en Vertroue.. Baie geluk en probeer maar plat op die aarde bly.

  • Susan v Rensburg

    weet net ‘n lang en gelukkige huwelik kom nie sonder sy "obsticles" nie. As julle dit kan oorbrug en oorkom en werklik hard werk aan julle huwelik sal julle lank en gelukkig getroud bly!! Geluk Derick & Karlien ek wens julle BAIE BAIE VOORSPOED toe vir die huwelik. Mag liefde altyd seevier!

  • Marlise Knoesen

    Baie geluk julle tweetjies. Karlien, gebruik bietjie verbeelding met jou ring. Maak dit jou eie en moet nie Heidie na-aap nie. Ek is seker daardie diamant kan baie mooier lyk.

  • Matt Heyns

    Sy moet ‘n besonderse persoon wees om hierdie puik Swartlander se knieë te knak. Julle is die mooiste paartjie in SA. Hartlik geluk!

  • Rinie Strydom

    Baie geluk mt julle verlowing,mag julle baie geluk saam wees.Geluk ook mt al jo toekennigs,lekke dg verder.

  • Joey Loots

    Baie geluk jul twee, ek is n groot bewonderaar van jul altwee , mag jul baie geluk voorentoe he
    Groete en liefde
    Joey

  • Ani

    Baie geluk Karlien en Derick! Julle kan maklike Suid-Afrika se nuwe "glanspaartjie" word! Moet asseblief net nie swig onder die druk nie!!!!!!! Ons het nie krag vir nog ‘n "Joost/Amor-sage" nie!!!

  • Suzette

    Baie geluk mag julle verskriklik gelukkig wees en dit gaan ‘n pragtige ring wees!!!

  • Lvs

    Dis ‘n baie mooi ring en baie mooi man Lol…Enjoy!

  • Riaan Hattingh

    Nou gaan die pers die tweetjies seker weer in ons kele afdruk . . .
    En alles wat hulle doen en se voorhou as die perfekte voorbeeld van hoe om gelukkig te wees . . .
    Amper soos met Joost en Amor . . . .

  • louis henning

    Baie geluk Karlien , mag julle net vreugde en geluk vorentoe he !!!

  • Hyla

    Baie geluk – met God aan jul kant, kan jul lewe saam net gelukkig en suksesvol wees…. en daardie ‘diamantjie’ is o, so wow!! Beste wense – hoop/bid net dat die media julle privaatheid sal respekteer (dan sal dit ni gaan soos Joost/Amor nie)

  • Ansie Jubert

    Baie geluk Karlien en Derick met die verlowing, mag julle net gelukkig wees en die Here julle ryklik seen en dat julle die live happily ever after sal geniet, Mag julle net in Jesus se liefde lewe en al sy geluk ervaar.
    Baie groete

  • Estelle

    Baie geluk, wat n pragtige paartjie!!!!

  • Estelle

    Baie geluk, Wat n pragtige paartjie!!!!

  • Abel

    Boring.

  • ALIDA REINHARDT KATHU

    BAIE GELUK KARLIEN EN DERICK, MAG JUL GELUKKIG WEES TOT IN LENGTE VAN DAE.

  • efhalkm

    W1GZ8T sqvgmnuattmd, [url=http://qqocbrolfywo.com/]qqocbrolfywo[/url], [link=http://oweciaafdvpv.com/]oweciaafdvpv[/link], http://eujvsqlcdxqr.com/

  • Cornel Spangenberg

    Baie geluk karlien. julle lyk stunning saam.

  • Ester

    Geluk Karlien en Derick, Karlien, jou liedjie "Jakkals trou met wolf se vrou" is baie mooi en gewild.

    Derick, jy is ek en my man se blou bul rugby held.

    Mag jul volel geluk en voorspoed ervaar vir jul mooi toekoms saam.

    Bobby, onthou jy nog die mandjie dans in Brits, waar jy as een van jou eerste openbare optredes was.

    Ronel, jy het wonderlike kinders. Hulle het biae mooi persoonlikhede en is baie gewild onder die publiek en gaan dit nog baie verder bring.

    Jul kan vir Rooi Rose om my e-pos adres vra as jul iets terug wil stuur.

    Groete

    Ester vanaf Brits